|
Pretoria Oos Woonwa Kliniek was in 2007 begin om die Woonwa & Kamperings gemeenskap te bedien. Ons spesialiseer in die diens, herstel, ombou & verbouings van Woonwaens. Ons werknemers lewer kwaliteit en betroubare diens waarop u kan staat maak.
Verder is ons vriendelike en professionele werknemers altyd hier om enige vrae wat u dalk mag hê te beantwoord.
Wat ook al die werk, of dit nou net die diens van u woonwa of waantjie is, en of dit die meer gespesialiseerde herstel werk of ombouings van die woonwa is, ons het wat u nodig het teen die pryse wat u kan bekostig. By Pretoria Oos Woonwa Kliniek, is ons doel om u met die beste moontlike diens te voorsien teen die hoogste standaarde.
Gaan gerus deur ons webwerf vir meer inligting oor Pretoria Oos Woonwa Kliniek. Indien u enige vrae het of graag met een van Pretoria Oos Woonwa Kliniek se verteenwoordigers wil praat, stuur asb vir ons ‘n e-pos na trix@ptaeastcaravanclinic.co.za of bel vir Jaco by 082 372 8345.
By Pretoria Oos Woonwa Kliniek, kom die klieënt altyd eerste.
|